100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vertragings by Lebombo-grenspos

Written by on March 28, 2020

Die Lebombo-grenspos was Vrydagoggend baie besig, soos Mosambiekse burgers steeds probeer het om huis toe te gaan.
Suid-Afrika het om middernag met ‘n 21-dag inperkingstydperk begin.
Volgens TRAC N4 woordvoerder, Solange Soares, was dit Donderdag selfs besiger.
Sy sê Suid-Afrikaners word nie deur die grens na Mosambiek toegelaat nie.
Mense word ook nie in Suid-Afrika toegelaat nie en vanaf Saterdag sal slegs noodsaaklike dienste en goedere deurgelaat word na Mosambiek – en nie gewone landsburgers nie.
Solange Soares:

Die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid het by navraag bevestig dat mense sover by die inperkingsregulasies hou.
Woordvoerder Moeti Mmusi:

27 Maart 2020


×