100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Bloedskenk tydens nasionale inperking.

Written by on March 29, 2020

Wanneer baie dinge op 26 Maart om middernag tot stilstand kom met die aanbreek van die Suid-Afrikaanse nasionale inperking wat deur pres. Ramaphosa aangekondig is, is daar sekere noodsaaklike dienste wat nie gaan sluit nie. Een daarvan is die Nasionale Bloeddiens (SANBD) wat verskeie takke in die Laeveld het. SANBD is ʼn nie-winsgewende organisasie wat bloed vir oortappings berg en beskikbaar stel. Hulle is afhanklik van die publiek om bloed te kom skenk.

Marietjie Oosthuizen, vise-voorsitter van die Nelspruittak van SANBD, moedig die publiek aan om steeds te kom bloed skenk. “Die bloeddiens is ʼn noodsaaklike diens en daarom word ons toegelaat om voort te gaan met ons bedrywighede. Die publiek sal dus ook toegelaat word om na hulle naaste tak te reis om daar bloed te skenk. Dit is geweldig belangrik om altyd genoeg bloed in voorraad te hê vir enige noodgeval. Indien die mense nou ophou skenk, kan die SANBD uit voorraad hardloop wat fataal kan wees,” sê Oosthuizen.

Sy beklemtoon dat enigeen wat van plan is om in die volgende drie weke bloed te skenk, asseblief net die kliniek moet laat weet. Daar word in hierdie tyd, met die bedreiging van COVID-19, ekstra seker gemaak dat die omgewing waarin die bloed geskenk word geen gevaar inhou vir moontlike besmetting met die koronavirus nie. Al die oppervlaktes waarop die skenkers sit en waarop daar gewerk word, word met sorg gesteriliseer tussen elke skenker.

Lebo Matsimbi, skenkerbetrekkinge van Nelspruit SANBD, sê om voorsiening te maak vir die nodige sosiale distansiëring wat ʼn noodsaaklik voorsorgmaatreël teen  COVID-19 is, word die ure verleng.  “Ons moedig die publiek aan om tussen 09:00 en 19:00 op weeksdae en tussen 08:00 en 14:00 op naweke te kom bloed skenk. Ons sal ook in hierdie tyd mobiele klinieke opgerig word by verskeie winkelsentrums in Nelspruit, Witrivier en Barberton. Wees op die uitkyk hiervoor wanneer noodsaaklike lewensmiddele aangekoop word en kom skenk bloed. So kan daar lewens gered word,” sê sy.

 

 

 

Om ʼn afspraak te maak, skakel asseblief die volgende nommers.

Riverside 013 757 1216

i‘langa Mall 0728968961

Vir meer inligting besoek https://sanbs.org.za/


×