Kruispad
Scheduled on
Sondag | 08:00 | 09:00 |
---|
Tagged as:

Miskien het die Here nog altyd duidelik met jou gepraat, maar nou is Sy stem skielik stil. Miskien het jy al ver gevorder op jou geloofspad, maar nou is God nêrens te vinde nie. Welkom in die woestyn – die plek waar jy reeds God se belofte vir jou lewe ontvang het, maar nou wag dat dit bewaarheid word.
Hier is die goeie nuus: Die woestyn is nie ‘n lewelose plek nie. God gebruik dit om Sy kinders voor te berei en toe te rus om hul lewensdoel te bereik – dis nou te sê as jy die tyd reg gebruik. Dink maar aan Jesus, Moses en Paulus; elkeen van hulle het ‘n tyd van intense (en nodige) voorbereiding in die woestyn ondergaan sodat hulle God se doel met hul lewe kon bereik. Maar anders as wat jy dalk dink, kan jy nie net vir God sit en wag nie. Jy het ‘n belangrike rol te speel as jy slaggereed aan die ander kant wil uitkom.
In hierdie insiggewende boek verskaf John Bevere belangrike Bybelse waarhede wat jou sal help om jou geloofsdroogte en moeilike seisoene te oorleef. Saam met die vele stories uit sy eie woenstyntye sal dit jou in staat stel om alles aan te gryp wat God vir jou beplan het.
Die boek is geskryf deur John Bevere en hy en sy vrou is die stigers van Messenger International.
Hierdie boek deur Struik Christian Media is nou beskikbaar by alle toonaangewende boekwinkels.
Read more