100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Noodnommers vir afsondering tydperk

Written by on March 27, 2020

Kry hier hulp of inligting
Die volgende paar weke van afsondering gaan op vele maniere ʼn uitdaging wees. Nie alleen word ʼn mens verhoed om buite jou erf te beweeg nie, maar baie gesinslede gaan gedwing word om vir die eerste keer vir so ʼn lang ononderbroke tydperk net in mekaar se geselskap te wees. Dit kan dalk tot probleme lei in verhoudings wat reeds in warm water is. Molesteerders kan ook toeslaan onder hierdie omstandighede. Tog mag die inperking niemand verhoed om hulp te soek wanneer daar ʼn gevaarsituasie in die woonplek ontstaan nie. Misdaad sal ook nie uitgesluit wees in hierdie drie weke nie en ook in gevalle waar enige lewens deur misdadigers bedreig word, moet jy nie huiwer om hulp te ontbied nie. Hierdie volgende lysie noodnommers kan handig te pas kom gedurende die tydperk van inperking.
Koronavirus Noodlyn: 0800 029 999
Geslagsgebaseerdegeweld Beheersentrum: 0800 428 428 / *120*7867# vanaf enige selfoon.
Persone met gestremdhede: SMS help na 31531
Hulplyn vir geweld teen vroue: 0800 150 150
Hulplyn vir geweld teen kinders: 0800 055 555
SAPD Crime Stop: 0860 10111 – SMS-lyn teen misdaad: 32211
Nasionale Vigs-hulplyn: 0800 012 322
Hulplyn teen mensehandel: 0800 222 777
Selfdood hulplyn 0800 567 567
Nasionale departement van gesondheid: http://www.health.gov.za/
Nasionale instituut vir oordraagbare siektes: http://www.nicd.ac.za/
Wêreldgesondheidsorganisasie: https://www.who.int/


×