100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Hulp aan haweloses

Written by on March 27, 2020

Haweloses in Mbombela sal nie in ‘n staat van inperking kan verkeer oor die volgende drie weke nie.
Volgens die Mpumalangs Leadership Foundation se past. TJ Maré, sal hulle egter aanhou om mense daagliks van maaltye te voorsien.

“Daar is geen staatsplan op die tafel wat ons ontvang het nie. Ons gaan as essensiële diens nog steeds vir hulle kos voorsien in hierdie tydperk.
“Ons gaan van die standpunt uit hulle gaan nog steeds op die straat eet en slaap en ons wil net seker maak dat hulle kos het.
“Ek is baie bekommerd want ons kan nie ons fasiliteit gebruik nie, so ons gaan dit privaat doen.
“Ander mense gaan ook deur die hele ding getref word wat nie salarisse gaan kry nie so ons het ‘n gedagte dat daar meer mense gaan wees as haweloses wat ons in hierdie tyd sal moet voorsien.
“Ons het ondersteuning en ons het ondersteuning nodig sodat ons ten minste daardie basiese diens kan lewer.”
Maré se raad is dat mense ‘n ekstra porsie kos maak of addisionele kruideniersware koop. Hy sal dit op kom laai.
Kontak hom by 082-772-6396.

Past. TJ Maré. Foto: Verskaf


×