100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Pumas oefen ook tuis

Written by on March 26, 2020

Nee, jy mag nie tydens die staat van inperking gaan draf nie.

Die polisieminister, Bheki Cele, het Woensdag duidelikheid hieroor gegee. Jy mag vir die volgende drie weke ook nie buite jou erf oefen nie, en mag nie met jou hond gaan stap nie.

Mpumalanga Rugby se uitvoerende hoof, Pieter Burger, sê hulle ondersteun die beperkings om die pandemie te beperk.

Die unie se spelers het oefenprogramme wat hulle in hul huise kan volg.

“Dit is glad nie ideaal nie,” sê Burger. “Dit is nie 100% nie, maar binne omstandighede is dit die beste wat ‘n ou kan doen.”

Die vooruitsig van die rugbyseisoen is natuurlik onduidelik. ‘n Videokonferensie met SA Rugby is vir Vrydag gereël oor kompetisies en beplande toetse.

“Ons industrie is ongelooflik geraak hierdeur,” voeg Burger by. “Ons is onder ongelooflike risiko op hierdie stadium.

“Suid-Afrika en ons geliefde industrie is by ‘n kruispad en ons bid vir wysheid en die veiligheid van alle Suid-Afrikaners, veral diegene in die voorste linies, in die komende maande.”

Neels & Sanett het op Dagbreek met Dr. Anton gesels oor oefen en gesond eet terwyl ons in afsondering moet lewe:


Continue reading

×