100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Featured

Page: 278

Alle besoektye in Mpumalanga hospitale is afgestel. Volgens die gesondheidsdepartement se hoof, dr. Saveera Mohangi, word besoektye opgeskort om die verspreiding van die virus hok te slaan. Dit sal tot die einde van die tydperk van inperking geld. Die departement sal ook sekere dienste afskaal om op koronavirus te konsentreer. Elektiewe chirurgie sal uitgestel word. […]

Daar is nou 12 bevestigde gevalle van Covid-19 in Mpumalanga. Premier Refilwe Mtshweni-Tsipane het Dinsdag tydens ‘n inligtingsessie aan die media bevestig dat vier pasiënte reeds herstel het. Vier moontlike gevalle is ook in kwarantyn geplaas. Volgens Mtshweni-Tsipane maak die provinsie ook gereed om deur-tot-deur siftingstoetse vir die koronavirus te doen, soos Maandagaand deur die […]

Mpumalanga se premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het Dinsdagmiddag tydens ‘n inligtingsessie aan die media bevestig dat baie inwoners in veral landelike gebiede spaza-winkels moet benut. Spaza-winkels word dikwels deur die polisie gesluit vanweë ‘n tekort aan permitte om handel te dryf. Die provinsie sal daarom tydens die tydperk in afsondering poog om die winkel-eienaars te help […]

Mpumalanga Premier Refilwe Mtshweni-Tsipane het vanmiddag tydens ‘n inligtingsessie aan die media bevestig dat vier pasiënte in die provinsie reeds van die korona virus herstel het. Vier ander moontlike gevalle is ook in kwarantyn geplaas. Die provinsie maak ook gereed om deur-tot-deur siftingstoetse vir die koronavirus te doen, soos Maandagaand deur President Cyril Ramaphosa aangekondig. […]

Pres. Cyril Ramaphosa het op Maandagaand 30 Maart in ʼn televisieboodskap aangekondig dat daar in die volgende paar dae met ʼn uitgebreide veldtog begin word om mense landwyd vir die koronavirus te toets. Hy het gesê dat 10 000 mediese werkers ontplooi sal word om landwyd en op groot skaal na woonplekke te gaan om […]

Die Nelspruit DBV is die afgelope week deur kos-donasies oorval. Voorsitter, Lize Pienaar, sê hulle is baie dankbaar vir die gemeenskap se reaksie. Hulle het ongelooflik baie kos ontvang en het genoeg vir al die diere om die tyd van inperking deur te sien. “Ons is baie geseënd met ons gemeenskap wat so vinnig gereageer […]

Suid-Afrika het sy tweede sterfgeval weens COVID-19. Volgens ʼn persverklaring op die webblad https://sacoronavirus.co.za/ het ʼn tweede Suid-Afrikaanse burger Saterdagaand 28 Maart aan die koronavirus gesterf. Die 73 jarige man, Andrè Keijser het in Ladysmith, Natal gewoon. Volgens Netwerk24 het Keijser en sy vrou, Dirkje op 5 Maart na die Krugerwildtuin gegaan vir ʼn vakansie. […]

Moody’s se afgradering van die land se kredietgradering na rommelstatus Vrydag kon nie op ‘n slegter tyd gekom het nie, aldus die tesourie. Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld sakekamer het verduidelik dat staatskuld duurder gaan word en beleggingspatrone gaan verander. Rentekoerse gaan ook waarskynlik oor die volgende drie jaar verhoog word. Haar raad is egter […]

Die polisie in Mpumalanga ondersoek ‘n saak teen ‘n vrou wat na bewering fopnuus oor ‘n ander versprei het. Polisiewoordvoerder, brig. Leonard Hlathi, het bevestig dat die vrou valslik aangevoer het dat ‘n ander met die koronavirus besmet is. Die vrou het egter negatief getoets vir die virus. Hlathi het verder bevestig dat inwoners van […]

Die landbousektor se werksaamhede gaan voort tydens nasionale inperking Suid-Afrika se landbou- en voedselvoorsienings- netwerke is een van die noodsaaklike dienste wat in hierdie tyd van inperking toegelaat moet word om sonder verposing voort te gaan met hul dienslewering, sê die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling Thoko Didiza. Derhalwe is dit belangrik dat […]