100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mpumalanga vrou gesoek oor Covid-19 fopnuus

Written by on March 30, 2020

Die polisie in Mpumalanga ondersoek ‘n saak teen ‘n vrou wat na bewering fopnuus oor ‘n ander versprei het.
Polisiewoordvoerder, brig. Leonard Hlathi, het bevestig dat die vrou valslik aangevoer het dat ‘n ander met die koronavirus besmet is.
Die vrou het egter negatief getoets vir die virus.

Hlathi het verder bevestig dat inwoners van die provinsie oor die algemeen by die instruksies van die inperking hou.
Tog verontagsaam ‘n handjievol mense die reëls en meer as 20 mense is reeds daarvoor in hegtenis geneem.
Hul beweerde misdrywe sluit in die koop en verkoop van alkohol, spaza-winkels wat nie by magte is om handel te dryf nie, mense wat saam met vriende kuier en taxi-bestuurders wat nie by die reëls hou nie.


×