100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Sakekamer maan kalmte oor jongste afgradering

Written by on March 30, 2020

Moody’s se afgradering van die land se kredietgradering na rommelstatus Vrydag kon nie op ‘n slegter tyd gekom het nie, aldus die tesourie.
Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld sakekamer het verduidelik dat staatskuld duurder gaan word en beleggingspatrone gaan verander. Rentekoerse gaan ook waarskynlik oor die volgende drie jaar verhoog word.
Haar raad is egter om nie paniekerig te raak nie.

Die uitwerking van die wêreldwye uitbreking van Covid-19 word egter geruime tyd al deur die Laeveld se ekonomie gevoel.
Grimbeek wys daarop die plaaslike ekonomie baie afhanklik is van toerisme en dit reeds onder druk is sedert die virus elders in die wêreld op groot skaal posgevat het.

Sy voer egter aan dat daar hoop is vir spoedige herstel sou die tydperk van inperking na 21 dae afgelas word.


×