100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Tweede Covid-19 slagoffer het onlangs die Krugerwildtuin besoek

Written by on March 30, 2020

Suid-Afrika het sy tweede sterfgeval weens COVID-19.

Volgens ʼn persverklaring op die webblad https://sacoronavirus.co.za/ het ʼn tweede Suid-Afrikaanse burger Saterdagaand 28 Maart aan die koronavirus gesterf. Die 73 jarige man, Andrè Keijser het in Ladysmith, Natal gewoon. Volgens Netwerk24 het Keijser en sy vrou, Dirkje op 5 Maart na die Krugerwildtuin gegaan vir ʼn vakansie. Hulle het in Berg-en-Dal, Satara en Skukuza gekampeer en weer die Wildtuin op Woensdag 11 Maart verlaat. Teen die tyd het Keijser van lyfpyne gekla. Sy vrou het hom na ʼn huisarts geneem wat gedink het dat dit dalk bosluiskoors is. Toe hy teen Woensdag 24 Maart nog nie beter gevoel het nie, is hulle terug dokter toe wat net daar besluit het om hom vir die koronavirus te toets. Hy is dieselfde dag in ʼn privaathospitaal in Ladysmith opgeneem waar hy Saterdagaand gesterf het. Keijser se vrou het aan Netwerk 24 gesê dat die persverklaring wat deur die departement van gesondheid uitgereik is verkeerdelik aangedui het dat haar man velkanker gehad het. “Hy het ’n gewas gehad, maar die dokter het dit afgebrand en weggestuur en die uitslae het skoon terug gekom,” het sy aan Arisa Janse van Rensburg, joernalis van Netwerk24 gesê.

Om 12:00 op Maandag 30 Maart het die aantal koronavirusgevalle volgens https://sacoronavirus.co.za/ op 1280 gestaan.


×