100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nelspruit DBV oorweldig deur ondersteuning

Written by on March 31, 2020

Die Nelspruit DBV is die afgelope week deur kos-donasies oorval.
Voorsitter, Lize Pienaar, sê hulle is baie dankbaar vir die gemeenskap se reaksie.
Hulle het ongelooflik baie kos ontvang en het genoeg vir al die diere om die tyd van inperking deur te sien.
“Ons is baie geseënd met ons gemeenskap wat so vinnig gereageer het,” het sy gesê.
Hoewel die DBV nie vir die publiek oop is nie, sit hulle hul take voort. Dit sluit in om hul diere te voer en die perseel skoon te hou asook diere wat inkom te hanteer.
Verder moet hulle klagtes en noodgevalle hanteer, hoewel Pienaar byvoeg dat dit sedert die tydperk van inperking in werking getree het, min en nie ernstig was nie.
Hulle moet ver steeds pro-aktiewe inspeksies uitvoer by plekke waar diere aangehou word.
Tog, kan jy steeds help. “Al ons fondsinsamelings vir volgende paar weke is gekanselleer so ons het geen inkomste nie maar het steeds finansiele verpligtinge.”
Vir meer, besoek die Nelspruit SPCA se Facebook-blad.
Lize Pienaar:


×