100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

1.2 Miljard aan Landbou voorsien in COVID-19 pandemie

Written by on March 30, 2020

Die landbousektor se werksaamhede gaan voort tydens nasionale inperking

Suid-Afrika se landbou- en voedselvoorsienings- netwerke is een van die noodsaaklike dienste wat in hierdie tyd van inperking toegelaat moet word om sonder verposing voort te gaan met hul dienslewering, sê die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling Thoko Didiza.

Derhalwe is dit belangrik dat die landbou op al sy vlakke van werksaamhede toegelaat word om voort te gaan. Dit sluit in die veeartseny en raadgewingsdienste.

Volgens Didiza sal veeveilings en die handel in ander landbou-verbruikersartikel ingevolge streng voorsorgmaatreëls wat deur die president uitgevaardig is, ook voortgaan.

So ook sal die in- en uitvoer van kritieke landbou-benodigdhede en die logistiese maatstawwe tydens die inperkingstyd toegelaat word vir internasionale, sowel as nasionale voedselsekerheid.

“Dit word nie net beperk tot groothandel nie, maar die totale voedsel-waardeketting word hierby betrek,” het die minister gesê. “Vanaf die verbouing op die plase, landbou-prosessering en voedselvervaardiging, vervoer, en verwante dienste, tot die kleinhandel en winkels wat met hul ondersteuningsdienste verseker dat ons land se agri-voedselstelsel vinnig aan die verbruikers gelewer kan word.”

Volgens Didiza is die regering daarop ingestel om te verseker dat die verbruiker met buitensporige voedselpryse uitgebuit word nie. Die pryse van kritieke voedeselmandjies sal deurentyd nagegaan word en verslae op nasionale vlak na die verbruiker deurgegee word.

“Die departement het ʼn pakket van R1.2 miljard beskikbaar gestel om die negatiewe uitwerking van die koronavirus te buffer en volhoubare voedselproduksie tot ná die pandemie te verseker,” het Didiza gesê.

ʼn Verdere R100 miljoen is ook aan die Landbank beskikbaar gestel om boere met probleme te help.

        


×