100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nog twee Covid-19 pasiënte in Mpumalanga in isolasie geplaas

Written by on March 31, 2020

Mpumalanga Premier Refilwe Mtshweni-Tsipane het vanmiddag tydens ‘n inligtingsessie aan die media bevestig dat vier pasiënte in die provinsie reeds van die korona virus herstel het. Vier ander moontlike gevalle is ook in kwarantyn geplaas.

Die provinsie maak ook gereed om deur-tot-deur siftingstoetse vir die koronavirus te doen, soos Maandagaand deur President Cyril Ramaphosa aangekondig.

Daar is steeds slegs 11 gevalle van Covid-19 in Mpumalanga.

Sy het ook bevestig dat ‘n verdere drie positiewe toetse in Mpumalanga nog amptelik deur die minister van gesondheid aangekondig moet word.

Van die elf pasiënte het vier reeds herstel. Die regering is egter bekommerd oor twee gevalle.

Hierdie pasiënte sou na verwagting vandag in Rob Ferreira-hospitaal opgeneem word vir nadere observasie.

 

 


×