100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mpumalanga werf addisionele verpleegassistente vir siftingstoetse

Written by on April 1, 2020

Daar is nou 12 bevestigde gevalle van Covid-19 in Mpumalanga.
Premier Refilwe Mtshweni-Tsipane het Dinsdag tydens ‘n inligtingsessie aan die media bevestig dat vier pasiënte reeds herstel het. Vier moontlike gevalle is ook in kwarantyn geplaas.
Volgens Mtshweni-Tsipane maak die provinsie ook gereed om deur-tot-deur siftingstoetse vir die koronavirus te doen, soos Maandagaand deur die president aangekondig.
Ongeveer 520 verpleegassistente ontvang tans opleiding om daarmee te help.
Die premier het die gemeenskap gemaan om kalm te bly en nie hospitale en klinieke te oorval nie.
Volgens die president se plan sal deur-tot-deur siftingstoetse op huishoudings gedoen word, om te bepaal wie verder vir die koronavirus getoets moet word.
Mtshweni-Tsipane het aangedui dat die besonderhede van die toetse weldra gekommunikeer sal word.
Sy het inwoners geloof dat hulle die tydperk van inperking so ernstig opneem.


×