mpumalanga

Page: 6

Honderd en dertien onwettige myners sal vandag voor ‘n Mpumalanga hof verskyn. Dit volg na die polisie ‘n operasie in en om die Evander-gebied uitgevoer het waartydens die verdagtes in hegtenis geneem is. Die operasie wat Vrydag deur lede van misdaadvoorkoming en die honde-eenheid uitgevoer is, het gekonsentreer op die vind van gevaarlike wapens en […]

Die familie van die 14-jarige Gabisile Shabane – een van twee kinders wat in Januarie van hul huis in Hlalanikahle in Witbank ontvoer en later vermoor is – het gesê DNS-toetse vertraag die hofsaak. Dit sloer glo omdat sy gedwing is om remvloeistof gemeng met dagga te drink. Dit was kort voor die twee kinders […]

Die Appèlhof in Bloemfontein het die borgtog-aansoek van die twee veroordeeldes in die doodskis-aanrandingsaak, van die hand gewys. Willem Oosthuizen en Theo Jackson van Mpumalanga, het gevra om vrygelaat te word hangend hulle appèlaansoek. Hulle is vroeër skuldig gevind aan poging tot moord en aanranding omdat hulle Victor Mlotshwa in ‘n doodskis gedwing en gedreig […]

Die Mpumalanga Toerisme- en Parke Agentskap het bevestig dat die rondloperleeu wat tussen Nelspruit en Sabie gesien is, nog nie opgespoor kon word nie. Juan de Beer, waarnemende senior bestuurder van die MTPA se Wildlewe Beskermingsdienste, het gesê dat die gerugte dat die leeu verdoof en verskuif is, onwaar is. Amptenare volg inligting van drie […]

Twee mans is gister tydens ‘n poging tot transito-in-kontant rooftog, in Langeloop, Mpumalanga beseer. Die geldwa was op pad na die nabygeleë dorpie Kamhlushwa toe ‘n wit Toyota-bakkie en ‘n BMW dit agtervolg en van die pad probeer dwing. Kolonel Mtsholi Bhembe, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig. Die veiligheidswagte het glo ook versnel en met […]

Die provinsiale kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Mpumalanga, luitenant-generaal Mondli Zuma, het in April 2018 ‘n span onder die vaandel van Operasie Gijima Tsotsi gestig, om die plaag van kontant-in-transito rooftogte, bankrooftogte en OTM-rooftogte te ondersoek. Die operasie wat gelei word deur ‘n senior polisiebeampte – en bestaan ​​uit verskillende eenhede binne die SAPD, […]

Die Nywerheidsontwikkelingskorporasie het hul Emalahleni, Mpumalanga-tak amptelik geopen. Dié jongste onderneming sal dit vir die NOK moontlik maak om strategies potensiële en bestaande kliënte in die Hoëveldstreek van die provinsie te dien. Direkteur Geoffrey Qhena het gese die bekendstelling van die kantoor is lankal in ag geneem, veral in die lig van die hoë ekonomiese […]

‘n 32-jarige mediese praktisyn wat by hospitaal in Acornhoek werk, is Donderdag in hegtenis geneem op ‘n aanklagte van moord. Hy is in hegtenis geneem na aanleiding van ‘n voorval wat in die residensiële afdeling van die hospitaal plaasgevind het. Die beskuldigde, dokter Surprise Mokoena, het glo ‘n man by sy voormalige vriendin gevind, waarna […]

Mpumalanga Premier Refilwe Mtshweni, gaan more ‘n provinsiale afvaardiging na Mosambiek lei, waar ‘n memorandum van ooreenkoms met die Maputo-regering geteken sal word. DIe ooreenkoms is glo om die ontwikkeling en vooruitgang van ekonomiese potensiaal tussen die twee provinsies uit te brei. DIt is veral gemik op die landbousektor. Die premier se woordvoerder, Zibonele Mncwango, […]

Twee inwoners van Tonga het in twee afsonderlike voorvalle grusaam doodgebrand as gevolg van gemeenskapsregtigheid. Een van die slagoffers, Elvis Nkuku, het sy voormalige vriendin, Anna Vilakazi, se huis na bewering aan die brand gesteek. Dit is later ontdek dat die deurhandvatsel vasgebind was sodat Vilakazi nie uit die huis kon vlug nie. Vilakazi is […]


Current track

Title

Artist

Background
× How can I help you?