100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

mpumalanga

Page: 7

Skakel in op 100.5FM vir plaaslike nuus.

Die onderwysdepartement het ouers gevra om môre saam met hul kinders hul gr. 12 uitslae by skole te gaan afhaal, sodat onderwysers die puntestate kan verduidelik. ‘n Totaal van 62 264 voltydse kandidate in Mpumalanga het in 2021 die matriekeindeksamen afgelê. Die departement teiken ‘n slaagsyfer van 83% in die provinsie, teenoor die 73% wat […]

Plaaslike toerisme-operateurs is verpletter deur die reisverbod wat verskeie lande op Suid-Afrika geplaas het, na die jongste Covid-19-variant, Omikron, deur Suid-Afrikaanse wetenskaplikes geïdentifiseer is. Oupa Pilane van Kruger Laeveld Toerisme (KLT) sê dat veral safari lodges op internasionele besoekers staatmaak en ‘n goeie Desember nodig gehad het. Dit is egter nou van die baan met […]

Mpumalanga kon die naweek tydens die regering se landwye Vooma-inentingsveldtog 19 295 mense teen Covid-19 inent. Die inisiatief is van stapel gestuur om dit vir mense meer gerieflik te maak om die inenting te ontvang deur private inentingslokale oor die naweek oop te maak. Volgens ‘n woordvoerder van die provinsiale gesondheidsdepartement, Chris Nobela, is die […]

Die provinsiale regering het na ‘n maand versuim om te verduidelik hoekom R278 miljoen betaal is aan ‘n spesiale eenheid in die premier se kantoor wat nie meer bestaan nie. Die Eenheid vir Vinnige Implementering (RIU) is in April 2013, tydens David Mabuza se termyn as premier, op die been gebring om infrastruktuurprojekte te monitor. […]

Die konstruksie van die God’s Window Skywalk is vanoggend amptelik geopen. Bouwerk aan die toerisme-aantreklikheid op die Panorama-roete, ‘n klipgooi weg van die Graskop Gorge Lift, sal na verwagting in 2023 afgehandel wees. Dit is 900 meter bo die kloof en bied ‘n 360-grade uitsig oor die Blyderivier-vallei. Dit maak dit hoër as die Grand […]

Die DA het hul kommer uitgespreek oor sommige lede wat op die nuwe direksies van die Mpumalanga Ekonomiese Groei-agentskap (Mega) en Mpumalanga Toerisme- en Parke-agentskap (MTPA) aangestel is. Die uitvoerende raad in die provinsiale regering het gister die aankondiging gemaak. Thabo Motau en Dina Pule sal vir die volgende vier jaar die voorsitter en ondervoorsitter […]

Mpumalanga se polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Manamela, het 220 nuut opgeleide polisiekonstabels verwelkom by Mbombela-stadion. Hulle het beklemtoon dat baie van hulle vroue is. Sy het ouers verder gemaan om hul kinders nie sonder toesig te laat nie, na twee kleuters Maandag in Amersfoort in ‘n huisbrand dood is. Volgens die polisie is ‘n tweejarige […]

Nuwe rugbyreëls sal vir die volgende 12 maande wêreldwyd getoets word, en die Springbokke sal vanaand vir die eerste keer in hul kragmeting teen Argentinië in die Rugby-kampioenskap daarvolgens geblaas word. Oubaas Coetzer, hoof van rugbyskeidsregters in Mpumalanga, het vir Gerhardt verduidelik wat dit behels.

Die minister van bosbou, vissery en die omgewing, Barbara Creecy, het onthul minstens 249 renosters is in die eerste ses maande van die jaar in Suid-Afrika gestroop. Dit is 83 meer as in dieselfde tydperk in 2020. Volgens haar het die verslapping van Covid-19-inperkingsmaatreëls dit makliker vir stropers gemaak om rond te beweeg. ‘n Totaal […]


×