100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Eskom waarsku oor meer las vermindering die winter

Written by on June 15, 2022

Eskom het inwoners van Mpumalanga en Limpopo gewaarsku oor die moontlikheid van verhoogde las vermindering.
Volgens die kragvoorsiener is dit te wyte aan hul toerusting wat toenemend onklaar raak weens onwettige aansluitings.
Eskom sê hy is besorg oor dié praktyk in veral digbevolkte areas en sal moontlik hierdie winter las vermindering na spesifieke areas meer gereeld moet toepas om te verhoed dat die netwerk oorlaai word en sy infrastruktuur te beskerm.
Omdat las verligting hele areas raak, kan betalende kliënte ook daardeur geraak word.
Inwoners is gevra om nie onwettige verbindings aan te knoop nie, hul meters nie te omseil nie, en om slegs voorafbetaalde krag by erkende verkopers aan te skaf.


×