100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vier bendelede tot lewenslank gevonnis in Graskop

Written by on June 15, 2022

Vier mans wat deel was van ‘n bende wat jare lank die gemeenskap van Marite, naby Hazyview, geterroriseer het, is gister lewenslank tronk toe gestuur deur die Mpumalanga Hooggeregshof in Graskop.
Volgens die polisie was ooggetuies tydens hul skrikbewind telkens onwillig om teen hulle te getuig, tot die moord in Januarie verlede jaar op Bongani Makutu by Mathibela Trust in Marite. ‘n Ooggetuie is toe onder getuiebeskerming geplaas.
Johan Edward Ndlovu (34), Thulani Maphanga (32), Evens Mavimbela (30) en Shane Ngobeni (24) moet elk 25 jaar uitdien vir die moord. Elk is ook vyf jaar opgelê vir ontvoering en nog vyf vir intimidasie. Ndlovu en Ngobeni is tot ‘n verdere vyf jaar elk gevonnis vir poging tot moord. Dit sal samelopend met poging tot moord uitgedien word.
Ndlovu en Maphanga sal elk ‘n addisionele vyf jaar uitdien vir die besit van onwettige ammunisie. ‘n Vyfde bendelid, Tevin Temosho Mokoena (25), moet 10 jaar sit vir die onwettige besit van ‘n vuuwapen en ammunisie.


×