100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

GRASKOP

Skakel in op 100.5FM vir plaaslike nuus in Afrikaans.

Skakel in op 100.5FM vir plaaslike nuus in Afrikaans.

Skakel in op 100.5FM vir plaaslike nuus.

Skakel in op 100.5FM vir plaaslike nuus.

Die 2022 Suid-Afrikaanse nasionale tyd- en padfietsry-kampioenskappe is die naweek in Graskop aangebied.

‘n Omstander is gister doodgeskiet deur vermeende rowers tydens ‘n skietgeveg met die polisie in Elukwatini. Volgens die polisie het ‘n groep verdagtes ‘n kontantwa wat by ‘n kitsbank geparkeer was om geld op te tel, om ongeveer 08:00 aangeval en met plofstof oopgeblaas. Hulle het met kontant gevlug. Terwyl wetstoepassers hulle agterna gesit het, […]

Toerisme rolspelers in Graskop het aksie geneem na ‘n bejaarde egpaar van Frankryk Maandag naby die dorp gekaap is deur drie verdagtes wat hulself as polisiebeamptes voorgedoen het. Die toeriste was besig om die area rondom Graskop in ‘n huurmotor te verken, toe hulle by die afdraai na Pelgrimsrus gestop is deur die aanvallers. Hulle […]

Die konstruksie van die God’s Window Skywalk is vanoggend amptelik geopen. Bouwerk aan die toerisme-aantreklikheid op die Panorama-roete, ‘n klipgooi weg van die Graskop Gorge Lift, sal na verwagting in 2023 afgehandel wees. Dit is 900 meter bo die kloof en bied ‘n 360-grade uitsig oor die Blyderivier-vallei. Dit maak dit hoër as die Grand […]

Die Graskop-belastingbetalersvereniging is besig om self ‘n pomp by hul waterwerke te herstel. Lance Gibson sê hulle verwag ‘n toeloop van mense na die toeristedorp die komende langnaweek, en wil verseker hulle het water. Die dorp sukkel al geruime tyd met watertoevoertekorte, iets wat toegeskryf word aan ‘n gebrek aan instandhoudingswerk aan die bestaande, werkende […]

Ses vermeende onwettige myners sal vandag in die Graskop-hof verskyn vir die besit van onwettige goud-materiaal. Vier van hulle word ook aangekla van oortreding van die Immigrasie-wet. ‘n Vermeende swendelaar sal ook in die Nelspruit-hof verskyn. Die 52-jarige man van Nigerië is Vrydag in Gauteng aangekeer. Daar word beweer dat hy in Januarie R150 000 […]


×