100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Operasie Vala Umgodi lei tot tien arrestasies in Graskop

Written by on June 4, 2024

‘n Verdagte doen vandag formeel om borgtog aansoek in die landdroshof in Graskop na hy Saterdag in Dientjie aangekeer is weens die besit van onwettige sigarette.

Volgens die polisie is Lemango Abrihim Kalbiro (37), ‘n Ethiopiese burger, aangekeer toe sy bakkie voorgekeer en deursoek is.

Hy was glo in besit van twee bokse met duisend pakkies en kon nie verduidelik hoe hy dit bekom het nie.

Nog nege verdagtes is as deel van Operasie Vala Umgodi aangekeer vir oortreding van die Wet op Immigrasie naby ‘n area bekend vir onwettige mynboubedrywighede.

Daar is ook beslag gelê op gouddraende materiaal en toerusting wat agtergelaat is.

Sien ook: Elvis Blue kom Innibos toe – per fiets


×