100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Polisiekonstabel steel glo treinspore in Graskop

Written by on February 8, 2023

‘n Polisiekonstabel wat in Sabie gestasioneer is, is saam met drie ander verdagtes aangekeer vir die beweerde beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur by die Mac-Mac-plantasie in Graskop.
Volgens die polisie is die 32-jarige en sy drie medebeskuldigdes gister glo op heterdaad betrap deur sekuriteitspersoneel waar hulle treinspore op ‘n vragmotor laai.
Volgens die polisie is die omvang van die skade nog nie vasgestel nie.

Hulle behoort vandag in die hof in Graskop te verskyn.
Die provinsiale polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Daphney Manamela, sê sy is teleurgesteld.
“‘n Interne ondersoek sal ook gelas word na die konstabel,” sê sy.


×