mpumalanga

Page: 4

‘n Middelburgse ma van drie kinders het skuldig gepleit op klagtes van verkragting, kinderverwaarlosing en die versuim om seksuele misdrywe aan te meld. Middelburg Observer het berig dat haar agtjarige dogtertjie glo gereeld deur die kind se pa verkrag is en nooit skool toe gestuur nie. Sy is met bebloede boutjies gevind. Met owerhede se […]

‘n Mpumalanga taxi-bestuurder, Isaac Sello Letsoalo, is in die provinsie doodgeskiet. Volgens polisiewoordvoerder, brigadier Leonard Hlathi, het polisie op patrollie op Letsoale afgekom waar hy in ‘n Volkswagen Polo Vivo langs die pad gesit het. Hy is verskeie kere in die bolyf geskiet. Met verdere ondersoek is vasgestel dat die vermeende moordenaars in ‘n wit […]

Noluthando Masango, wat tydens ‘n tradisionele seremonie in Mpumalanga ontvoer is, se lyk is in ‘n vlak graf gevind. Dit volg nadat haar gesin die ontvoerders se spertyd – om ‘n 5000 rand losprys vir haar vrylating te betaal – gemis het. Die sesjarige het Saterdag verdwyn terwyl hulle ‘n tradisionele seremonie bygewoon het. Masango […]

Die watervlakke in die Mpumalanga-provinsie se damme en opvangsgebiede bly daal. Volgens die verslag van die Departement van Water en Sanitasie (DWS) se weeklikse toestand van reservoirs, het die gemiddelde damvlakke van 79,9 persent tot 79,5 persent gedaal. Al die groot damme in die provinsie het ‘n afname in die hoeveelheid water gestoor, aangeteken. In […]

Drie mans en ‘n vrou het gister voor die Secunda-streekshof verskyn op aanklagte van ontvoering, moord, en poging tot moord, het die polisie in Mpumalanga gesê. Kolonel Mtsholi Bhembe, polisiewoordvoerder, het gesê Seyikabi Wilson, Jingo Wassua, Njombozi Katiti en ‘n vrou, Lydia Mojemba, het na bewering ‘n 20-jarige swanger vrou ontvoer en ‘n gedwonge beëindiging […]

Mpumalanga-owerhede het bevestig dat ondersoeke na ‘n beweerde rasse-aanval – waar een man dood is – steeds voortduur. Dit is ten spyte van die vrylating van vier verdagtes wat vroeër in verband met die voorval in hegtenis geneem is. Verlede week het videobeelde wat ‘n geveg tussen twee groepe mense in ‘n stil straat in […]

ʼn Taakspan is aangestel om die finansiële krisis in die Departement van Gesondheid in Mpumalanga te ondersoek. Die departement kan nie bekostig om medisyne aan te koop of vakatures te vul nie en sy skuldlas het gegroei tot ʼn miljard Rand. Die Mpumalanga gesondheidstelsel bedien 88 persent van die provinsie se bevolking. Die departement se […]

‘n 25-jarige man sal vandag voor ‘n Mpumalanga hof verskyn op ‘n aanklag van die besit van ‘n vermoedelik gesteelde vragmotor. Die hofverskyning volg nadat hy Vrydag deur lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens by Kwaggafontein in hegtenis geneem is. Hy het ‘n gesteelde wit Toyota Dyna-vragmotor – wat na bewering in Secunda gesteel is – […]

Die Mpumalanga polisie is op soek na inligting wat kan help in die ondersoek na twee mans wat in afsonderlike voorvalle dood is. In die eerste voorval was die lyk van ‘n man wat na bewering in sy middel dertigs tot vroeg veertigs is, deur vissermanne in die Driekoppiesdam, naby Malelane, gevind. ‘n Rugsak wat […]

Twee vroulike veiligheidswagte in Mpumalanga is aangerand en verkrag terwyl hul aan diens was. Die twee slagoffers, van Mafoko Security Company, was glo aan diens by die Sentrum vir Gestremdes in Marite, Bosbokrand, toe die aanval plaasgevind het. Die aanvallers het glo die deur oopgebreek om toegang te verkry en het die twee vroulike wagte […]


Current track

Title

Artist

Background
× How can I help you?