100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Kommer oor kapings in Mpumalanga

Written by on October 26, 2022

Die Valke sê hulle is bekommerd oor ‘n toename in kapingsvoorvalle in Mpumalanga.
Kapt. Dineo Sekgotodi het met Gerhardt en Andri gesels oor brandpunte in die provinsie.
Luister weer hier.

Sy doen ‘n beroep op bestuurders om nie rylopers of vreemdelinge op te laai nie.
Bestuurders word ook gemaan om seker te maak hul voertuie is in ‘n goeie toestand voor hulle hul huis verlaat om te voorkom dat hulle op pad gaan staan.
Laat ‘n spasie tussen jou en die voertuig voor jou wanneer jy by ‘n verkeerslig of stopstraat stilhou. Hou op veilige plekke stil vir ‘n blaaskans.
Wees veral op die uitkyk vir verdagte persone naby jou huis. “Die meerderheid van kapers slaan toe in slagoffers se opritte.”
Sou jy egter gekaap word, onthou: “Jou lewe is meer werd as jou voertuig. Doen wat hulle sê.”


×