100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Opdatering: Tweede verdagte aangekeer vir moord op adjunk-balju

Written by on October 26, 2022

‘n Tweede verdagte sal na verwagting môre in die Nelspruit-landdroshof verskyn op ‘n klagte van moord na die 32-jarige Michelle Jones, ‘n adjunk-balju van Nelspruit, Donderdagaand in Nelsville doodgeskiet is.

Volgens die polisie was sy saam met ‘n vriend in ‘n voertuig voor ‘n winkel geparkeer, toe twee mans hulle nader en een verskeie skote afgevuur het.

Jones is verskeie kere getref en is met haar aankoms by die hospitaal dood verklaar. Haar vriend is in sy regterarm gewond.

‘n 35-jarige verdagte is reeds aangekeer.

Polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, sê die tweede verdagte, ‘n 34-jarige man, het homself gister aan die polisie oorhandig.

============

24 Oktober, 13:21

Die polisie is op soek na ‘n tweede verdagte wat Donderdagaand na bewering Michelle Jones (32), ‘n adjunk-balju van Nelspruit, doodgeskiet het in Nelsville, Mbombela.

Volgens die polisie was sy saam met ‘n vriend in ‘n voertuig voor ‘n winkel geparkeer terwyl ‘n vriendin by die winkel in is.

Polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, sê dié getuie het twee mans wat sy ken na die voertuig sien stap en die een het verskeie skote afgevuur.

Jones is verskeie kere getref en is met haar aankoms by die hospitaal dood verklaar. Haar metgesel is in sy regterarm gewond.

‘n 35-jarige verdagte is aangekeer. Mohlala sê hulle vermoed dat die tweede verdagte ‘n gewese vriend van Jones is.


×