100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Man met plofstof, aanvalsgewere betrap

Written by on October 26, 2022

Vier verdagtes is die naweek met onwettige wapens aangekeer tydens intelligensie gedrewe operasies gelei deur die taktiee reaksie-eenheid van die polisie.
Sabelo Peter Mdluli (44) het Maandag in die Kabokweni-hof verskyn na hy Sondag in Masoyi aangekeer is.
Die polisie het reageer op ‘n wenk en sy Corsa-bakkie deursoek.
‘n R1 en R5 aanvalsgeweer, ‘n 3.8 en .22 vuurwapen sowel as ammunisie en plofstof is na bewering in sy voertuig ontdek.
In Barberton is drie verdagtes Saterdag gearresteer weens ‘n vuurwapen en ammunisie wat in hul besit in ‘n VW Polo gevind is.
Dinani Convinient Zulu (29), Bongani Nkosinathi Mlambo (33) en Mthokozisi Magwaza (34) het ook Maandag in die hof verskyn, aldus polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli.


×