100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Opdatering: Man dood na skietery by winkelsentrum in KaNyamazane

Written by on October 24, 2022

Die polisie sê hulle ondersoek ‘n skietvoorval gisteroggend waartydens een persoon gewond en ‘n ander dood is by ‘n winkelsentrum in KaNyamazane.

Polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, sê een slagoffer is by die plaaslike kliniek oorlede en die ander is na ‘n hospitaal gehaas.

Hy kon nie besonderhede verskaf oor die omstandighede van die voorval nie.

Die SABC het egter berig die voorval het na bewering plaasgevind tydens ‘n konfrontasie tussen die polisie en ‘n groep mense wat toegang probeer verkry het tot die plek waar ‘n ANC-takvergadering gehou is.

Die ANC in die provinsie sê hy betreur die dood van die man en het volle vertroue in die polisie.

Geen arrestasies is sover gemaak nie. Enigiemand met inligting is gevra om die polisie te kontak.

*Hierdie storie is sedert sy aanvanklike publikasie om 11:06 om 16:00 aangepas met die amptelike kommentaar vanaf die SAPD


×