100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nuwe baadjie kom vir Komati

Written by on November 1, 2022

Die steenkoolaangedrewe Komati-kragstasie in Middelburg het gister die einde van sy bedryfslewe bereik het en is om 12:00 afgesluit. Die kragstasie het Suid-Afrika sedert 1961 bedien.
Die woordvoerder van Eskom, Sikonathi Mantshantsha, sê ander eenhede is oor die jare afgesluit aan die einde van hul bedryfsleeftyd, wat ‘n wetlike vereiste is.
Die kragvoorsiener sê die sluiting van die aanleg sal nie ‘n noemenswaardige impak op die nasionale elektrisiteitsnetwerk hê nie, omdat dit slegs 121 MW gelewer het.
Die meerderheid van Komati-werknemers is na ander kragstasies oorgeplaas. Diegene wat oorbly sal betrokke wees by groen energieopwekking: 150 MW sonkrag, 70 MW wind en 150 MW batterye.
Dit is deel van Eskom se oorgangstrategie vir billike energie (JET) en het ten doel om volhoubaar na laer-koolstof-tegnologie oor te skakel, sonder om werksgeleenthede tot niet te laat gaan. ‘n Opleidingsfasiliteit word ontwikkel om werkers se vaardighede op te skerp vir dié aanpassing.
Volgens Mantshantsha is die Komati vernuwingprojek een van die grootste ter wêreld.


×