mpumalanga

Page: 3

‘n 34-jarige pastoor is deur ‘n onbekende man doodgeskiet terwyl hy ‘n kerkdiens in Doornkop, buite Middelburg, gelei het. Kolonel Mtsholi Bhembe, polisiewoordvoerder, het gesê dat Pastoor Christopher Mokwena Woensdagaand omstreeks sewe uur ‘n diens gedoen het toe ‘n man hom uit die kerk dwing deur ‘n vuurwapen op hom te rig. Die verdagte het […]

Twee lede van die studenteraad is geskors na die betogings by die Universiteit van Mpumalanga, vroeër dié week. Die president van die studenteraad, Mcolisi Ngcamphalala en Wandile Shabangu, die tesourier en Mbombela CRC-voorsitter, is geskors. Dit volg na hulle Dinsdag die pad na die universiteit versper het, en aangedring het dat dat bestuur hulle bekommernisse […]

‘n Egpaar van Mpumalanga is op die Droefheidplaas in hegtenis geneem vir die bestuur van ‘n dagga-laboratorium. Die Valke, in samewerking met die Secunda dwelmeenheid, Misdaad Intelligensie en honde-eenheid het op sowat 20 kilogram gekompakteerde dagga beslag gelê. Daar is ook beslag gelê op ongeveer honderd en 12 daggaplante ter waarde van meer as vierhonderd […]

Dwelms met ‘n straatwaarde van ongeveer 3,3 miljoen rand is onder die enjinkap van ‘n sedan voertuig ontdek. Die bestuurder van die voertuig was op pad uit Mosambiek na Mpumalanga. Mtsholi Bhembe, polisiewoordvoerder, het gesê die dwelms is tydens ‘n gesamentlike operasie deur die polisie, die verkeersdepartement, die departement van binnelandse sake se persoonlike amptenare […]

Die eV Challenge Night Race vind vanjaar by die Mpumalanga Skou op 31 Augustus plaas. Besoekers aan die skou, veral kinders, sal die geleentheid gegun word om ‘n paar rondtes om die baan te doen. Die eV uitdaging moedig hoërskoolleerders aan om binne ‘n stel spesifikasies, ‘n battery-gedrewe motor te ontwerp en te bou. Die […]

Weens die huidige weersomstandighede is die brandgevaarindeks baie hoog. Dit lei dan ook daarna dat alle brand-permitte tot verdere kennisgewing, in die Laeveld opgeskort sal wees. Lowveld Escarpment Fire Protection Association se bestuurder, André Scheepers, het gesê dat die belangrikste eienskap waaroor die gemeenskap nou moet beskik, is samewerking, en ‘n goeie gebeurlikheidsplan wat tot […]

Die Emalahleni Plaaslike Munisipaliteit se kantore in Phola is na bewering deur lede van die gemeenskap – tydens ‘n protes teen dienslewering – afgebrand. Volgens Kingdom Mabuza, munisipale woordvoorder, beloop skade aan die gebou meer as ‘n miljoen rand. Hy het verder gesê dat ‘n saak van brandstigting en beskadiging van eiendom aan die polisie […]

ʼn 91-jarige man van Mpumalanga, wat daarop aanspraak maak dat hy ʼn tradisionele geneser is, het twaalf lewenslange vonnisse ontvang vir verkragtings van meer as ʼn dekade gelede. Die Streekshof op Carolina het bevind dat Johannes Malinga jong kinders wat na hom gebring is om genees te word, seksueel aangerand het. Hy is ook tot […]

Eskom sê dat steenkoolvragmotors vanoggend gekaap is, en werknemers by sommige kragstasies deur betogers geïntimideer is. Dit volg glo nadat sommige werkers ongelukkig is oor die voortdurende geskil tussen Eskom en vakbonde oor bonusbetalings. Woordvoerder Khulu Phasiwe, het bevestig dat daar vanoggend by die Duvha-kragstasie in Mpumalanga protesaksies begin het. Hy het gesê alle bewegings […]

Owerhede in Mpumalanga het hul kommer uitgespreek oor die toenemende gevalle van jong meisies wat in die provinsie ontvoer word. Dit volg ná die moord van die sesjarige Noluthando Masango. Masango het verlede Saterdag verdwyn terwyl sy en haar ouma ‘n tradisionele seremonie bygewoon het. Haar familie het ‘n sperdatum om ‘n 5 000 rand […]


Current track

Title

Artist

Background
× How can I help you?