100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Minder padblokkades hierdie feestyd in Mpumalanga

Written by on November 30, 2022

Die Mpumalanga departement van gemeenskapsveiligheid sê hy beplan om minder statiese padblokkades tydens die komende feestyd te implementeer, en eerder te fokus op bewegende oortreders wat die meeste tot noodlottige ongelukke bydra.
Die direkteur van vervoer, John Nkuna, het gister gepraat tydens by die bekendstelling van die bewusmakingsveldtog oor padveiligheid vir die feestyd op die R573 Moloto-pad in Vezubuhle.
Die Moloto-pad is een van die roetes waar van die meeste noodlottige ongelukke tydens die feestyd verlede jaar aangeteken is.
Volgens Nkuna het die departement aan die hand van data oor vorige Desembermaande en die Paasnaweek bepaal watter dae, tye, roetes en bestuurdersgedrag problematies is.
Hy sê daar sal slegs een statiese padblokkade wees wat gekoppel is aan die Lebombo-grenspos terwyl wetstoepassers ‘n groter fokus sal plaas op patrollies en spoedoortredings.
“Wetstoepassers sal met die ander operasies eerder bewegende oortreders teiken,” sê hy.

Tydens die operasie gister, wat saam met onder meer die polisie uitgevoer is, is meer as 500 voertuie gestop. Twee voertuie wat in Pretoria en Krugersdorp as gesteel aangemeld is, is teruggevind.
‘n Totaal van 124 boetes is uitgereik vir oortredings en R7 650 in uitstaande boetegelde is ingewin. Dertien immigrante sonder dokumentasie is aangekeer.


×