100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Man met sy tande herenig danksy plasing op Facebook

Written by on November 29, 2022

‘n Man kan weer breed glimlag nadat hy herenig is met sy valstande in Mbombela.
Linda Wagner het dit Maandagoggend voor haar werksplek opgetel.
Sy was uiteraard verstom om die boonste en onderste dele aan weerskante van die heining by Wendy Lane te vind.
Sekuriteitskameras het getoon dat ‘n man Saterdagaand aan die elektriese heining geraak het en hom uit sy gebit geval het. Nadat hy ‘n kort uiltjie geknip het, het hy opgestaan en weggeloop.
Linda het hom in ‘n plasing op die Facebook-groep “Nelspruiters” genooi om dit af te kom haal en gelukkig het iemand dit raakgesien.
Sy vermoed hy was te verleë om dit self te kom haal, en sy het nie te veel vrae gevra van die vrou wat hy gestuur het nie.
Wagner het aanvanklik gedink hy is jonk en blond, maar hy is glo ‘n bietjie ouer en van Johannesburg.
Sy wonder of hy na ‘n aandjie uit (die betrokke plaaslike kuierplek het hom glo gevra om te loop omdat hy ‘n bietjie te vêr onder die prop was) verdwaal geraak het, of hul Wendyhuisies as ‘n moontlike oornagplek aangesien het.


×