100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Twee broers verskyn in vir poging tot moord op hul pa

Written by on November 29, 2022

Twee broers verskyn na verwagting vandag in die Bosbokrand-hof vir poging tot moord op hul pa.
Volgens brig. Selvy Mohlala is die 68-jarige gisteraand by sy huis in Maviljan Trust deur een van sy seuns wakker gemaak om aan hom ‘n sleutel terug te besorg.
Hy het ‘n venster oopgemaak om dit te ontvang en ‘n groep van drie mans het op hom gevuur. Hy is in sy bobeen getref en hospitaal toe geneem vir behandeling.
Sy eie twee seuns van onderskeidelik 25 en 27 jaar oud, is aangekeer. Die motief vir die aanval is onbekend.

Ook in Bosbokrand word twee mans daarvan aangekla dat hulle vroeg Sondagoggend ‘n man by ‘n taverne doodgesteek het.
Marvin Ndlovu en Santos Makhonza het na bewering vir Adolf Zitha (41) verskeie kere gesteek na hulle sy 19-jarige seun aangerand en sy pa hom te hulp gekom het.
Zitha is by die hospitaal dood verklaar. Die verdagtes het gister in die hof verskyn en bly in aanhouding tot hulle op 5 Desember aansoek sal doen vir borgtog.
Die polisie sê hulle ondersoek ook hoekom die taverne om 04:00 nog oop was.


×