100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

DA vra meer voedselhulp vir behoeftiges

Written by on June 21, 2022

Die DA in Mpumalanga het ‘n skrywe gerig aan die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Ntshalintshali, om te vra dat haar departement nie voedselhulp aan behoeftige mense verminder nie.
Volgens Jane Sithole kon die departement in die 2019/20 finansiële jaar ‘n totaal van 61 818 inwoners bereik deur gemeenskapsvoedingskemas.
“Dieselfde departement beplan nou om hierdie jaar (2022/23) slegs 3 000 mense te help, terwyl duisende ly weens die impak van die Covid-19-pandemie, werksverliese en stygende lewenskoste. Die uitreikprojekte is soms mense se enigste kans om kos op die tafel te kan sit.”

Sy wys daarop dat ‘n addisionele 51 000 inwoners van die provinsie hul werke kwyt geraak het in die eerste kwartaal.
“Inwoners in 10 uit 17 van ons munisipaliteite het nie voedselsekerheid nie.”
Volgens die departement word Victor Khanye- en Chief Albert Luthuli-munisipaliteite die ergste geraak, gevolg deur Nkomazi, Mkhondo, Dr Pixley Ka Isaka Seme en Thembisile Hani.
“Meer mense moet bereik word, nie minder nie,” sluit Sithole af.


×