100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Dubbele lewenslange vonnisse vir moord en verkragting

Written by on June 22, 2022

Die 40-jarige Hendrick Nicholas Janse van Rensburg is gister twee lewenslange vonnisse opgelê deur die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela.
Hy het in Oktober 2019 die 20-jarige Andiswa Zitha met ‘n houtlepel verkrag en by Mjejane naby Komatipoort agtergelaat. Sy is deur verbygangers gehelp en na Tonga-hospitaal geneem, waar sy die volgende dag aan haar beserings dood is.
Janse van Rensburg is twee jaar later, in Oktober 2021, in ‘n drinkplek in Kamhlushwa aangekeer.
Volgens brig. Selvy Mohlala sal hy sy twee vonnise gelyklopend uitdien.

‘n 24-jarige man het in die hof verskyn op klagte van ontvoering, na twee minderjarige seuns Vrydag bevry moes word uit ‘n huis in Graskop.
Volgens die polisie is die twee 15-jariges deur agterdogtige gemeenskapslede uit die huis verwyder.
Die 49-jarige vrou in wie se huis hulle opgesluit was, is onder polisiebewaking hospitaal toe geneem.
‘n 17-jarige seun is ook aangekeer.
Japhet Sekatane se saak is uitgestel vir verdere ondersoek. Hy verskyn weer op 12 Julie.


×