100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

DA vra Groen Skerpioene om rioolbesoedeling in munisipaliteite te ondersoek

Written by on August 30, 2022

Die DA het die Groen Skerpioene gevra om ondersoek in te stel na rioolbesoedeling in munisipaliteite in Mpumalanga.
Volgens Trudie Grovè-Morgan toon die jongste groendruppelverslag dat 43% van rioolwerke in die provinsie in ‘n kritieke toestand verkeer met slegs ses uit 76 stelsels wat bo kapasiteit werk.

“Dit is onaanvaarbaar, gegewe die konstante besoedeling van water in munisipalitiete soos Thaba Chweu, Lekwa, Dr Pixley Ka Isaka Seme en Msukaligwa,” sê sy.
In Junie is Thaba Chweu-munisipaliteit effektief ‘n boete van R5 miljoen opgelê vir oortreding van die Wet op Omgewingsbestuur op klagte wat hoofsaaklik verband hou met waterbesoedeling.
Lees die volledige berig hier: Thaba Chweu beboet vir oortreding van die Wet op Omgewingsbestuur
Grovè-Morgan voeg by dat geen afvalwaterstelsel die minimum vereiste van 90% behaal het nie. Sewe plaaslike owerhede is minder as 30-persent toegeken.
Dipaleseng het 4%, Thaba Chweu 10% en Chief Albert Luthuli 11% met al vyf rioolwerke in ‘n kritieke toestand. Msukaligwa en Lekwa het beide ‘n punt van 17%.
Dr Pixley Ka Isaka Seme het 22% behaal met al vyf rioolwerke daar wat ook kritiek is. Bosbokrand staan op 24% met afvalwaterstelsels in Dwarsloop, Maviljan, Tintswalo, Mkhulu en Tulamahashe wat as kritiek beskou word.


×