100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Toerismemaand skop af in Mpumalanga

Written by on September 7, 2022

Die provinsiale regering in Mpumalanga beplan tydens Toerismemaand ‘n reeks aktiwiteite wat die provinsie as ‘n topkeuse vir toeriste sal bemark.
Die LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Vusi Mkhatshwa, het tydens die amptelike bekendstelling Maandagaand by Emfuleni Park in Kanyamazane gesê die doel is om mense aan te moedig om plaaslik te reis.
Sekere natuurreservate wat deur die Mpumalanga toerisme- en parke-agentskap (MTPA) bestuur word sal ook van 12 tot 15 September aan besoekers gratis toegang bied.
Sien ook: SANParke skuif Parkeweek terug na September
Die tema van Toerismemaand is vanjaar die heroorweging van hoe toerisme benader word om die bedryf te herbou na die Covid-19-pandemie.
Mduduzi Vilakazi, waarnemende uitvoerende beampte van die MTPA, sê die klem is ook daarop om gemeenskappe bewus te maak dat toerisme almal bevoordeel en dat veilige omgewings daarom almal tot voordeel strek.
Die natuurreservate wat tydens die MTPA Parkeweek gratis toegang bied is Sterkspruit, Nooitgedacht, SS Skosana, Mahushe Shongwe, Ohrigstaddam, Loskopdam, Kromdraai, Songimvelo, Manyeleti en Andover.


×