100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Renosterbevolking in Krugerwildtuin nou minder as 2 500

Written by on September 7, 2022

Die aantal renosters in die Krugerwildtuin staan tans op 2 458.
Dit is volgens die jongste syfers wat gister op ‘n parlementêre vraag van die DA deur die departement van bosbou, visserye, en omgewingsake onthul is tydens ‘n portefeulje komitee vergadering.
Dit is ‘n afname vanaf die 2 809 renosters wat aan die einde van 2020 in die wildtuin was.
Die DA sê die afname is uiters kommerwekkend. Die party se woordvoerder vir omgewingsake, Dave Bryant, sê hulle verwelkom dat SANParke beplan om strenger maatreëls in te stel tydens die indiensnemingsproses.
SANParke het ook aangekondig dat hulle 87 vakante bewaringsposte teen die einde van die huidige boekjaar sal vul.
Bryant het verder ‘n beroep gedoen op die regering om die begroting vir bewaringspogings drasties te verhoog.


×