100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Opdatering: Vier bly in aanhouding weens plofstof

Written by on September 7, 2022

Vier verdagtes bly in aanhouding na hulle gister in die Witrivier-hof verskyn het op klagte van die onwettige besit van plofstof.
Hulle is Maandag aangekeer na inligting bekom is dat onwettige plofstof in ‘n VW Polo tussen Hazyview en Mbombela vervoer word.
Die voertuig is in Witrivier voorgekeer en deursoek en die vyf insittendes is gearresteer.
Volgens die woordvoerder van die Valke, kapt. Dineo Sekgotodi, was die vyfde persoon bloot ‘n passasier en is hulle vrygelaat.
Alex Scivalo Khoza (20), Nyiko Mtungwa (25), Michael Ndlovu (35) en Muzi Mashele (32) bly in aanhouding tot hul formele borgaansoek op 12 September.
==============
6 September 2022, 13:05
Vyf verdagtes verskyn na verwagting vandag in die Witrivier-hof op klagte van die onwettige besit van plofstof.
Volgens Valke-woordvoerder, kapt. Dineo Sekgotodi, is hulle gister aangekeer in ‘n gesamentlike operasie met die hoofwegpatrollie, blitspatrollie, bomeenheid en plaaslike kriminele rekordsentrum wat gereageer het op inligting dat onwettige plofstof tussen Hazyview en Mbombela vervoer word.
Die voertuig is in Witrivier voorgekeer en deursoek en die vyf insittendes is gearresteer.


×