100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Klagtes teruggetrek teen Mandla Msibi, medebeskuldigdes

Written by on September 5, 2022

Al die aanklagte teen die voormalige LUR van Landbou in Mpumalanga, Mandla Msibi, sowel as teen sy vyf medebeskuldigdes is vanoggend in die Hooggeregshof in Mbombela teruggetrek.
Msibi is saam met Joseph Ngwenya, Tshepo Matsane, Anele Mnisi, Njabulo Mkhonto en Sibusiso Mdhluli aangekla van dubbele moord en poging tot moord in verband met ‘n skietvoorval in Mbombela op 22 Augustus verlede jaar.
Daar is destyds berig hoe die slagoffers die aand met skietwonde in die straat aangetref is in die sakekern van die dorp. Sindela Sipho Lubisi en Dingane Ngwenya is op die toneel dood verklaar, terwyl Sfiso Mpila gewond is en hospitaal toe geneem is.
Lees meer: Borg vir voormalige LUR wat van moord aangekla word
Msibi is na hy aangekla is, as LUR afgedank.
Hy is in April tot tesourier van die ANC in Mpumalanga verkies, maar het opsygestaan.


×