100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Jan braai vir Erfenis (en vir ontbyt vir die Laeveld JOC)

Written by on September 5, 2022

24 September is om die draai. Jan Braai, wat natuurlik Braaidag 18 jaar gelede vir nasiebou gestig het, het vanoggend by 100.5FM ingeloer op sy warrelwindtoer. Hy braai in sewe stede binne sewe dae voor Braaidag.

100.5FM het die Laeveld JOC genooi om saam te kom smul vir ontbyt in die boomhuis by Sonpark-sentrum, om ons waardering te wys vir hul harde werk om almal veilig en ingelig te hou tydens onluste en oproer.

Hy sê vir Gerhardt en Andri dat hy baie van braai af mag weet, maar dat hy dit alles oor die jare by ander braaiers geleer het.

“Maak solank jou vriende en familie bymekaar en skud jou braaitang reg, want Suid-Afrika se nasionale dag van partytjie is op pad,” sê Jan.

Foto: Albert Gryvenstein (Bossies Community Justice), Frank Swanepoel (Hi-Tech Sekuriteit), Johnnie en Shaun Terblanche (Fidelity ADT J&M), (agter) John Meintjies (ACS Sekuriteit), Jan Braai en Robin Jansma (100.5FM).


×