renosterstropery

Ses belangrike sindikaatlede wat betrokke was by ‘n massiewe handel in renosterhorings, is gister in verskeie dorpe in Mpumalanga in hegtenis geneem. Die inhegtenisneming is gemaak deur die Valke wat deur Teen-Intelligensie, Spesiale Taakmag, SAPD Forensiese Wetenskapsdiens, SANParke, die Departement van Omgewingsake, SARS en Doeane, insluitend die Nasionale Vervolgingsgesag, ondersteun is. Tydens die klopjag is […]

27 verdagtes is in hegtenis geneem tydens intelligensiegedrewe bedrywighede in Hluhluwe in Noord-KwaZulu-Natal, Acornhoek in Mpumalanga, en Phalaborwa in Limpopo. Tydens die inhegtenisnemings het die span op ‘n renosterhoring, drie vuurwapen-knaldempers, ses ongelisensieërde vuurwapens en ammunisie beslag gelê. Daar is ook ander items wat gebruik kon word om wilde diere dood te maak, gevind. Die Rhino […]

STROOP – Journey Into the Rhino horn War, die plaaslik vervaardigde dokumentêre film, het die 2018 Green Tenacity Award gewen. Dit was by die agtste jaarlikse San Francisco Green Film Festival. Wat die oorwinning en die première al hoe meer indrukwekkend maak, is die feit dat die feesorganiseerders 350 voorleggings ontvang het, maar uiteindelik is […]

Twee mans wat skuldig bevind is aan renosterstropery Kruger Nasionale Park, is deur ‘n Limpopo-hof gevonnis. Joseph Molapo en Sebastian Mbhombhi is elk deur die Saselamani streekshof, vir 15 jaar tronk toe gestuur. Die twee stropers, saam met ‘n derde medepligtige, het die park onwettig binnegegaan met die doel om renosterhorings te jag. ‘n Skietgeveg […]

Hoofuitvoerende beamptes van verskeie maatskappye het onlangs die Kruger Nasionale Park besoek om te leer oor wat SanParke doen om renosterstropery te beveg. Die uitnodiging is gemaak met die hoop om befondsing van die private sektor te ontvang. Werner Myburgh, uitvoerende hoof van Peace Parks, het gesê die park was die grootste ekonomiese dryfkrag in […]

‘n Vermeende grootkop in renosterstropery is vandeesweek in hegtenis geneem. Die polisie het op drie van sy eiendomme in Mpumalanga beslag gelê, sowel as vuurwapens, hoë-kaliber-ammunisie, identiteitsdokumente en bankkaarte. Petrus Mabuza, bekend as “Mr Big”, en die 21-jarige Nozwelo Mahumane, ‘n Unisa-student, is Dinsdag tydens ‘n operasie – onder leiding van die Valke – in […]

Die inhegtenisname van ‘n polisieman van Skukuza in die Kruger Nasionale Park – in verband met bewerings van stropery – het veroorsaak dat die parlement se polisieportefeuljekomitee ‘n beroep doen dat alle polisiebeamptes naby nasionale parke ondersoek word. Francois Beukman, voorsitter van die komitee, het gesê die arrestasie van 12 vermeende renosterstropers in die ikoniese […]

SANParke sê dat renosterstropery met ongeveer 20 persent gedaal het. ‘n Bron het egter bevestig dat alhoewel renosterstropery gedaal het, daar ‘n verrassende styging in olifantstropery is. Olifantstropery was laas in die 1980’s in die Krugerpark ‘n probleem. Die grootste getal wat die wildtuin al in een jaar verloor het, was in 1981, toe ongeveer […]

Die Malalane-polisie het Sondagoggend ‘n renosterhoring tydens ‘n padblokkade naby die Coopersdal-pad, gevind. Die horing was in die voertuig se kattebak weggesteek. Volgens die vier insittendes van die voertuig, het hulle die horing in Matsulu vir ‘n onbekende persoon opgelaai, en was glo net veronderstel om dit na Mosambiek toe te vervoer. Die vier verdagtes […]


Current track

Title

Artist

Background