100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Veldwagters gevonnis oor onwettige vuurwapen in die Krugerwildtuin

Written by on December 7, 2022

Twee voormalige veldwagters wat in Februarie 2019 aangekeer is weens ‘n ongelisensiëerde vuurwapen en ‘n gevaarlike wapen by ‘n ruskamp in die Krugerwildtuin moet elk effektief sewe jaar agter tralies deurbring.
Hendric Eccelence Silinda en Achieve Musa Mlambo is gister deur die Skukuza-hof gevonnis.
Hulle is aangekeer tydens ‘n klopjag wat deur SANParke uitgevoer is na hulle ‘n wenk ontvang het. Volgens die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, Monica Nyuswa, was hulle in besit van ‘n hoë kaliber vuurwapen en ‘n jagmes.

Intussen is ‘n 30-jarige verdagte wat moontlik met ‘n huisbraak in Barberton verbind word, gister by Umjindini Trust aangekeer.
Volgens die polisie was hy in besit van ‘n ongelisensiëerde vuurwapen en ammunisie.
Die huisbraak het vroëer vandeesmaand plaasgevind. Die vuurwapen sal getoets word op te bepaal of dit tydens die uitvoer van ander misdade gebruik is.
Die man sal na verwagting vandag in die Barberton-hof verskyn.


×