100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Matrikulante gewaarsku teen ‘penne-neer’-partytjies

Written by on December 7, 2022

Die Departement van Basiese Onderwys het vanjaar se matrieks gewaarsku teen “penne-neer”-partytjies.
Die waarskuwing kom terwyl die Klas van 2022 hierdie week hul eindeksamen afsluit.
Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, het ouers aangeraai om hul kinders nie toe te laat om hierdie geleenthede by te woon nie.
Hy sê daar was deur die jare talle berigte van leerders wat sterf, verdrink, gewelddadig aangerand word op sulke partytjies of swanger raak.

Intussen sal Majuba môre die skryf van die tweede wiskunde en wiskundige geletterdheid-vraestelle in Emalahleni (Witbank) monitor.
‘n Totaal van 1 127 leerlinge het toestemming van die Departement van Onderwys om die vraestelle te skryf na hulle die oorspronklike vraestel misgeloop het weens redes buite hul beheer.
Woordvoerder, Gerald Sambo, sê in dié geval was dit weens protesaksie deur die gemeenskap op 7 November.

Foto: Ter illustrasie


×