100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Voortvlugtige renosterstroper in Kabokweni aangekeer

Written by on May 9, 2023

‘n Vermeende renosterstroper wat sedert 2019 deur die polisie gesoek word, is in Kabokweni herarresteer.
Odis Maluleke (47) is aanvanklik in Julie 2015 by die Krugerhek aangekeer saam met drie ander terwyl hulle die Krugerwildtuin probeer binnegaan het met ‘n jaggeweer, ammunisie en ‘n byl in hul voertuig.
Volgens die polisie is die Mosambiekse burger borgtog van R20 000 toegestaan en het hy nie weer hofverrigtinge bygewoon nie.
Hy is in Februarie 2019 herarresteer saam met drie ander Suid-Afrikaanse mans met twee renosterhorings, ‘n jaggeweer, ammunisie en ‘n mes in hul besit.
Hy is weer borg toegestaan, destyds van R30 000, en het weer versuim om vir sy hofverskynings op te daag.
Maluleke is Saterdag met behulp van ‘n wenk van die publiek aangekeer.
Polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala:

Hy het gister in Mhala verskyn.
Die saak teen hom kom weer op 18 Mei in die Skukuza-hof voor.
Intussen bly hy in aanhouding.
Die sake teen die ander beskuldigdes wat voorheen saam met hom aangekeer is duur voort, hoewel een intussen oorlede is.


×