100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Afname in renosterstropery sover vanjaar

Written by on August 2, 2023

Daar is ‘n afname van 11% in renosterstropery sedert Januarie teenoor dieselfde periode verlede jaar.
LUISTER DIE BERIG

Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Barbara Creecy, het gister bekendgemaak dat altesaam 231 renosters tot dusver vanjaar in Suid-Afrika gestroop is.
Sy sê renosterstropery beweeg weg van die Krugerwildtuin na provinsiale en private reservate in KwaZulu-Natal.
Volgens die departement is daar sedert Januarie 42 renosters vir hul horings gestroop in parke wat deur SANParke bestuur word.
Nog vyf is in Mpumalanga gestroop, teenoor 143 in KwaZulu-Natal.
Creecy sê ‘n probleem is dat veldwagters soms saam met sindikate werk.
Pogings word daarom verhoog om beter na die veiligheid en welstand van veldwagters om te sien sowel as om opleiding en finansiële dienste (soos hulp met die bestuur van skuld) te verskaf.
Sien ook: SANParke vereer Krugerwildtuin-veldwagters


×