100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

SANParke vereer Krugerwildtuin-veldwagters

Written by on August 1, 2023

SANParke het hulde gebring aan sy veldwagters op Wêreld Veldwagterdag wat gister gevier is.
Volgens die raadvoorsitter, Pam Yako, is 148 veldwagters wêreldwyd tussen Junie 2022 en Mei vanjaar weens verskeie oorsake dood, insluitende sterftes aan diens, moord, aanvalle deur diere en ongelukke.
Yako sê 65 van die sterftes het in Afrika voorgekom.
Sy sê hoewel die stroop van wild ‘n groot probleem in Suid-Afrika is, sou die prentjie veel donkerder gewees het as dit nie vir die dapperheid was van veldwagters in die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) nie.

Sien ook: Krugerwildtuin-besoekers neem toe


×