100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Swaar vonnise vir drie wat swartrenoster, twee witrenosters stroop

Written by on January 18, 2023

Drie stropers is gister in Skukuza swaar vonnisse opgelê na hulle skuldig bevind is aan nege stropingsverwante klagte.
Hulle is in Julie 2022 in die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) aangekeer na ‘n besoeker skote in die Malalane-area gehoor en aangemeld het.
Volgens die woordvoerder van die NKW, Ike Phaahla, het hulle twee witrenosters sowel as ‘n swartrenoster gestroop.
Lawrence Makamu (28) en Nulo Burro (31) moet elk effektief 22 jaar uitdien en George Miyanga (48) moet 33 jaar agter tralies bly.
SANParke het die vonnisse verwelkom.

Hulle is ook skuldig bevind aan betreding van die park, oortreding van die Wet op Immigrasie, besit van ‘n onwettige vuurwapen, ammunisie en gevaarlike wapens (jagmesse), én sameswering om wild te stroop.
Volgens Phaahla het hulle die wildtuin op 30 Junie binnegegaan en die swartrenoster gestroop.
Die volgende dag is die skote gehoor en is die lugvleuel ingespan om na hulle te soek.
Hulle was in besit van ses renosterhorings. Hulle het skuldig gepleit.
Lees ook: Twee bly in aanhouding weens renosterhorings

Foto ter illustrasie


×