100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Opdatering: Borg vir man wat glo betrap is met versteekte renosterhorings

Written by on December 16, 2022

Twee verdagtes het Woensdag die Ermelo-hof verskyn vir die besit van renosterhorings met ‘n geraamde waarde van R876 000.

Junior Chauke (49) en Prince Ntsako Letswele (33) is verlede Donderdag aangekeer na die polisie ‘n wenk ontvang het oor mense in besit van vuurwapens. Hulle is voorgelê het glo probeer vlug toe hulle die polisie gewaar.

Volgens die woordvoerder van die Valke, kapt. Dineo Sekgotodi, is vier renosterhorings van altesaam 14,6 kg in die enjinkap van hul Toyota Fortuner versteek gevind.

Chauke is borgtog van R10 000 toegestaan terwyl Letswele in aanhouding bly. Die saak is uitgestel tot 25 Januarie.

============

14 Desember 2022, 13:42

Twee verdagtes verskyn vandag weer in die Ermelo-landdroshoh vir die besit van renosterhorings met ‘n geraamde waarde van R876 000.

Junior Chauke (49) en Prince Ntsako Letswele (33) is Donderdag aangekeer na die polisie ‘n wenk ontvang het oor mense in besit van vuurwapens en hul voertuig voorgekeer het.

Hulle het glo probeer vlug toe hulle die polisie gewaar.

Volgens die Valke is twee groot en twee klein renosterhorings van altesaam 14,6 kg in die enjinkap van hul Toyota Fortuner versteek gevind. Hulle bly intussen in aanhouding.


×