100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

covid-19

Page: 14

Mbombela se gemeenskap staan saam om te help om na die dorp se haweloses om te sien. Volgens past. TJ Maré van die Mpumalanga Leadership Foundation wat Nelspruit Gemeenskapsforum bestuur, voorsien hulle daagliks drie maaltye aan tussen 87 en 100 mense. “Dit is ‘n harde tyd, maar die gemeenskap help baie,” sê hy. “Ons weet […]

Mbombela-stad se berugte dwelmhandelaars is duidelik afwesig van die sakekern se strate sedert die grendeltydperk verlede week afgekondig is. Marina Erasmus van Sanca Laeveld sê die tydperk van inperking het duidelik ‘n positiewe kant betreffende dwelms op straat. “Dit is nie (nou) so maklik beskikbaar nie.” Sy voer aan dat die gewone mark in Andersen- […]

Alle besoektye in Mpumalanga hospitale is afgestel. Volgens die gesondheidsdepartement se hoof, dr. Saveera Mohangi, word besoektye opgeskort om die verspreiding van die virus hok te slaan. Dit sal tot die einde van die tydperk van inperking geld. Die departement sal ook sekere dienste afskaal om op koronavirus te konsentreer. Elektiewe chirurgie sal uitgestel word. […]

Daar is nou 12 bevestigde gevalle van Covid-19 in Mpumalanga. Premier Refilwe Mtshweni-Tsipane het Dinsdag tydens ‘n inligtingsessie aan die media bevestig dat vier pasiënte reeds herstel het. Vier moontlike gevalle is ook in kwarantyn geplaas. Volgens Mtshweni-Tsipane maak die provinsie ook gereed om deur-tot-deur siftingstoetse vir die koronavirus te doen, soos Maandagaand deur die […]

Die Nelspruit DBV is die afgelope week deur kos-donasies oorval. Voorsitter, Lize Pienaar, sê hulle is baie dankbaar vir die gemeenskap se reaksie. Hulle het ongelooflik baie kos ontvang en het genoeg vir al die diere om die tyd van inperking deur te sien. “Ons is baie geseënd met ons gemeenskap wat so vinnig gereageer […]

Moody’s se afgradering van die land se kredietgradering na rommelstatus Vrydag kon nie op ‘n slegter tyd gekom het nie, aldus die tesourie. Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld sakekamer het verduidelik dat staatskuld duurder gaan word en beleggingspatrone gaan verander. Rentekoerse gaan ook waarskynlik oor die volgende drie jaar verhoog word. Haar raad is egter […]

Die polisie in Mpumalanga ondersoek ‘n saak teen ‘n vrou wat na bewering fopnuus oor ‘n ander versprei het. Polisiewoordvoerder, brig. Leonard Hlathi, het bevestig dat die vrou valslik aangevoer het dat ‘n ander met die koronavirus besmet is. Die vrou het egter negatief getoets vir die virus. Hlathi het verder bevestig dat inwoners van […]

Die Lebombo-grenspos was Vrydagoggend baie besig, soos Mosambiekse burgers steeds probeer het om huis toe te gaan. Suid-Afrika het om middernag met ‘n 21-dag inperkingstydperk begin. Volgens TRAC N4 woordvoerder, Solange Soares, was dit Donderdag selfs besiger. Sy sê Suid-Afrikaners word nie deur die grens na Mosambiek toegelaat nie. Mense word ook nie in Suid-Afrika […]


Share on Facebook
Share on Twitter
Share on Pinterest
Share on Linkedin
Send by Whatsapp
Love