100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

NGF voer hongeres, benodig nog hulp

Written by on April 3, 2020

Mbombela se gemeenskap staan saam om te help om na die dorp se haweloses om te sien.
Volgens past. TJ Maré van die Mpumalanga Leadership Foundation wat Nelspruit Gemeenskapsforum bestuur, voorsien hulle daagliks drie maaltye aan tussen 87 en 100 mense.
“Dit is ‘n harde tyd, maar die gemeenskap help baie,” sê hy.
“Ons weet nie wat vorentoe gaan gebeur nie, maar ons gebed is regtig dat die 21 dae nie verleng word nie.”
Hy voeg by dat hulle ander organisasies wat hulp verleen ondersteun en dat hulle graag kospakkies aan gesinne wat sukkel wil voorsien.
“Die uitdaging bly maar om genoeg kos te hê.”
Hulle benodig tans ook handoeke en mansklere (groottes 28 tot 36).
Hy het almal vir hul ondersteuning bedank.
Om enige hulp te verleen, kontak Maré by 082-772-6396.


×