stropery

27 verdagtes is in hegtenis geneem tydens intelligensiegedrewe bedrywighede in Hluhluwe in Noord-KwaZulu-Natal, Acornhoek in Mpumalanga, en Phalaborwa in Limpopo. Tydens die inhegtenisnemings het die span op ‘n renosterhoring, drie vuurwapen-knaldempers, ses ongelisensieërde vuurwapens en ammunisie beslag gelê. Daar is ook ander items wat gebruik kon word om wilde diere dood te maak, gevind. Die Rhino […]

‘n Sekerheidswag wat by die Kruger Nasionale Park in diens is, is vir stropery in hegtenis geneem, het SANParke bevestig. Isaac Phaahla, woordvoerder, het gesê die verdagte het saam met drie ander mans op Saterdag 25 Augustus die park probeer binnegaan. ‘n Ander sekerheidswag wat aan diens was tydens die voorval, het gedink die viertal […]

Akkurate renosterstropery-statistieke is steeds moeilik om vas te stel. Dit is aangesien die regering nie hierdie syfers gereeld bekend maak nie. Nie-amptelike statistieke toon aan die einde van April 2018, ‘n verlies van meer as 250 renosters vir die jaar tot op datum. ‘n Konserwatiewe skatting sal hierdie getal nader aan 300 bring teen middel […]

Die spoorsnyhonde, het binne die eerste week dat hulle uit Texas, Amerika, aangekom het, alle verwagtinge oortref deur hul eerste verdagte op te spoor. Dit was op die honde se eerste spoor in die Kruger Nasionale Park wat hulle die stroper gekry het. Theresa Sowry, uitvoerende hoof van die Suider-Afrikaanse Wildkollege, het dit bevestig. Texaan, […]

‘n Trop spoorsny-honde vanuit Amerika het hierdie week in Suid-Afrika geland om te help in die geveg teen stropery in die Kruger Nasionale Park. Joe Braman – vanaf Texas – het die trop honde opgelei. Braman se span van tien honde is na bewering huidiglik in kwarantyn sowat 10 kilometer wes van die KNP. Hulle […]

‘n Vermeende stroper is deur veldwagters in die Kruger Nasionale Park doodgeskiet. Die woordvoerder van SANParke, Janine Raftopoulos, het bevestig dat veldwagters besig was met ‘n opvolg-operasie naby die Krokkedilbrug toe hulle op ‘n groep vermeende stropers afgekom het. ‘n Skietery het glo uitgebreek en een verdagte is doodgeskiet. Daar is ‘n .375-geweer met ‘n […]

SANParke het gister die inhegtenisneming van twee veldwagters aangekondig. Hulle was vermoedelik betrokke by renosterstropery. Die twee verdagtes het na bewering in Mei 2018 ‘n witrenoster geskiet en onthoring. Die verdagtes is gisteroggend in hegtenis geneem na ‘n intensiewe gesamentlike ondersoek wat deur die SANParke omgewings-misdaad-ondersoekende Eenheid en die polisie uitgevoer is. Die bestuursuitvoerende gesag […]

‘n Ryk Limpopo-wildsboer en onwettige renosterstroper – Freitas Antonio Xavier – is deur die Lephalale-streekhof tot ‘n boete van 1 miljoen rand of 10 jaar tronkstraf, gevonnis. Die provinsiale kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Limpopo, luitenant-generaal Nneke Ledwaba, het gesê hy is “verheug” deur die vonnis. Die vonnis kom na ‘n 2017-saak wat deur […]

Edna Molewa, minister van omgewingsake, het gesê die inhegtenisneming van 10 beweerde stropers in die Kruger Nasionale Park, was nog ‘n voorbeeld van ‘n suksesvolle samewerking tussen veiligheidsmagte en SANParke, die nasionale bewaringsagentskap. Sy het daarop gewys dat renosterstropery ‘n nasionale prioriteitsmisdaad is. Vyf regeringsdepartemente en twee nasionale agentskappe maak deel uit van die nasionale […]

Die verdediging- en veiligheidshoofde van vyf lande – Botswana, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika en Zambië – het vroeër hierdie maand in Mpumalanga vergader om die pad vorentoe te bespreek om stropery en ander wildmisdade te bestry. Luitenant-generaal Barney Hlatshwayo, het gesê die Mpumalanga-vergadering, het onder andere die moontlikheid om oor buurgrense stropers te volg, bespreek. Terwyl […]


Current track

Title

Artist

Background
× How can I help you?